Gisteraand het ek na jou verlang en opgekyk na die mooiste ster... ek wou na jou toe gaan, maar die Hemel is so ver...ek wou weer in jou oe kyk en aan jou raak... en ek wou die mooiste liedjies maak.. ek wou vertel hoe baie ek jou mis... maar was bang ek steur jou rus... ek het Engeltjies hoor sing en skapies hoor bler... ek wou dit met jou deel, maar die Hemel is so ver..ek wou jou styf vasdruk teen my ... en nog 'n ou drukkie by jou kry... ek wou jou vertel van my hart se verlange.... maar was bang jy sien die trane op my wange... ek het uitgereik na die helderste ster ....maar kon nie daaraan raak nie, want die Hemel is so ver.. ek wou seker maak jys gelukkig daar en het so lank na die hemel opgestaar .... ek het gewens ek kon jou net sien rondbeweeg.... want my kop is vol vrae en my hart is leeg .... ek het gesoek na iets om die afstand kort te knip, gegryp na die naaste sker ... maar als tevergeefs, want die Hemel is so ver.... ek het ingekropte hartseer wat so diep in my skuil ... uit my gebring, en my hart leeg gehuil ... ek wou sommer met jou praat en jou dood aanvaar ... maar al hoe ek dit kan doen, is om na die Hemel op te staar .... en te soek na die helderste ster .... want ek het nooit besef die Hemel is so verThis memorial website was created to remember our dearest
JC Steyn who was born in
South Africa on
March 10, 1987 and passed away on
October 7, 2008, after a 17 month battle with brain cancer. You will live forever in our memories and hearts.
Presentación de Diapositivas